DIE WAPENRUSTING VAN GOD
EFÉSIËRS 6:10
Eindelik my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het staande kan bly.
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees - dit is die woord van God -
terwyl julle by alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees en juis daartoe waak in alle volharding en smeking vir al die heiliges
“Wat
moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?”
(Mark. 10:17-19).
1. Erken dat jy ‘n
sondaar is
“Almal het
gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.”
(Rom.3:23)
2. Weet dat God reeds
vir jou redding en saligheid voorsien het:
“Want so lief
het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat
in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
(Joh. 3:16).
3. Besef dat jy
jouself nie kan red deur goeie werke nie
“Want uit
genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die
gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie”
(Ef.2:8-9).
4. Bekeer jou en
breek met jou sondes
“Laat die
goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die
HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef
menigvuldiglik” (Jes.
55:7).
5. Nooi Jesus in jou
lewe in en vra Hom om jou sonde te vergewe
“Kyk, Ek staan
by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek
ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”
(Op.3:20).
“…en die bloed
van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde... As ons ons sondes
bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle
ongeregtigheid te reinig”
(1Joh.1:7, 9).
6. Glo die Woord van
God dat Jesus sal doen wat jy vra
“Menere, wat
moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus
“Want uit
genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die
gawe van God;” (Ef. 2:8).
7. Bely Jesus met jou
mond voor die mense
“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die
dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid
en met die mond bely ons tot redding”
(Rom.10:9-10).
Sal jy nou eerlik ‘n gebed bid soos die volgende?
“Here Jesus, ek kom nou in die gebed
na U toe. Ek erken dat ek ‘n verlore sondaar is. Vergewe asb. al my sondes. Was
my in Jesus se kosbare bloed. Ek maak nou my hart vir U oop Here Jesus. Kom woon
in my. Verlos my van die sondebande wat my bind. Help my om U voortaan met my
hele hart en lewe te volg en te dien. Dankie dat U my hoor en doen wat ek vra.
AMEN. ”
“Want: Elkeen
wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word”
(Rom.10:13).
1. Lees elke dag jou
Bybel
“…en verlang
sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat
julle daardeur kan opgroei”
(1 Pet. 2:2).
2. Praat elke dag in
gebed met God
“Wees oor niks
besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met
danksegging bekend word by God”
(Fil. 4:6).
3. Dien die Here in
‘n kerk waar jy geestelike voedsel kry
“Ek was bly
toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!”
4. Word deel van ‘n
Christen vriendekring
“en laat ons
op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons
onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat
ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom”
(Heb.10:24-25).
5. Wees ‘n getuie vir
Jesus Christus
“Gaan terug na
jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan
en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het”
(Luk.8:39).