WARE & VALSE

BEKERING

Deur Charles G. Finney

Kyk, julle almal wat n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord - wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerl. Jesaja 50:11

Ons kan van hierdie vers aflei dat die profeet praat van hulle wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle godsdienstig is; en wat hulself gevlei het met die gedagte dat hulle in n geredde toestand verkeer. Maar eintlik was hulle hoop net n vuur wat hulle self aangesteek het vuurpyle wat hulle self aangesteek het. Voordat ek enigsins verder gaan met die bespreking van die onderwerp van ware en valse bekering, wil ek s dat dit slegs van waarde sal wees vir diegene wat eerlik sal wees om dit op hulself toe te pas. As jy hoop om hoegenaamd enige baat te vind by wat ek gaan s, moet jy besluit om dit persoonlik gelowig aan te wend. Wees net so eerlik asof jy dink dat jy nou voor die Here gaan staan. As jy dit sal doen, dan hoop ek om jou te help om jou ware toestand voor die Here te ontdek. As jy tans mislei is, hoop ek om jou te lei na die ware weg van redding. Maar as jy nie eerlik gaan wees nie, sal my prediking nutteloos wees en jy sal tevergeefs hoor.

Ek beoog om die verskil tussen ware en valse bekering aan te toon in die volgende volgorde:

  1. Aan te toon dat die mens se natuurlike toestand n toestand van loutere selfsug is.

  2. Aan te toon dat die aard van die Christen is welwillendheid dit is, om ander se geluk te verkies.

  3. Aan te toon dat die wedergeboorte in Christus Jesus bestaan uit n verandering van selfsug na welwillendheid.

  4. Sommige gebiede te toon waar heiliges en sondaars, of ware en valse bekeerdes, dieselfde is en sommige gebiede waar hulle verskillend is.

  5. Sommige vrae te beantwoord.

  6. Af te sluit met n paar opmerkings.

I. DIE NATUURLIKE TOESTAND VAN DIE MENS, OF HOE ALLE MENSE IS VOOR BEKERING, IS LOUTERE ONGEMENGDE SELFSUG

Selfsug is om jou eie geluk voorop te stel en jou eie belang te soek want dit is tot jou voordeel. Wie ook al selfsugtig is stel sy eie geluk bo ander dinge wat van groter waarde is, soos die eer van God en alles wat goed is in die totale heelal. Dit is duidelik dat alle mense vr bekering in hierdie toestand verkeer. Byna almal weet dat mense teenoor mekaar optree volgens die beginsel van selfsug. As enigeen dit nie raak sien nie en met ander probeer handel asof hulle nie selfsugtig is nie, sal hy as n dwaas beskou word.

II. DIE AARD VAN DIE CHRISTEN IS WELWILLENDHEID

Welwillendheid is om n liefde te h vir ander se geluk, of liewer n keuse te doen vir die geluk van ander. Dit is God se geestesgesteldheid. Ons word vertel dat God is liefde; dit wil s, Hy is welwillend. Sy hele aard bestaan uit welwillendheid. Al Sy eienskappe is slegs verskillende uitdrukkings van Sy welwillendheid. Enige individu wat bekeerd is, is in hierdie opsig soos God. Ek bedoel nie dat iemand nie bekeerd is nie tensy hy net so suiwer en volmaak welwillend soos God is nie maar dat hy oor die algemeen kies om welwillend te wees. Hy soek opreg na wat goed is vir ander ter wille van hulself en nie omdat dit op stuk van sake homself gelukkig sal maak nie.

God is suiwer en onselfsugtig welwillend. Hy maak nie mense gelukkig ter wille daarvan om Sy eie blydskap te bevorder nie, maar omdat Hy hlle blydskap liefhet. Dit is nie dat Hy nie verheug is om hulle te sen nie, maar Sy eie blydskap is nie Sy doelwit nie. Die persoon wat onselfsugtig is vind vreugde daarin om die goeie te doen. As hy nie lief is om goed te doen nie, sal goed doen vir hom geen deug inhou nie.

Welwillendheid is heiligheid. Die wet van God vereis dit. Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. en  Jy moet jou naaste liefh soos jouself. (Mat. 22:37, 39). Net so seker as wat die bekeerde mens aan die wet van God gehoorsaam is, is hy soos God welwillend.

III. WARE BEKERING IS N VERANDERING VAN OPPERSTE SELFSUG NA DIE LIEF H VAN DIE GOEIE VIR ANDER

Ware bekering is n verandering in die doelwit wat jy nastreef en nie maar net n verandering in die wyse waarop jy daardie doelwit bereik nie. Dit is nie waar dat die bekeerde en onbekeerde dieselfde doelwit nastreef maar slegs verskil in die metodes wat hulle inspan om dit te bereik nie. Dt sal wees soos om te s dat die engel Gabril en die duiwel self albei na hul eie geluk streef, maar dat hulle net op twee verskillende maniere dit probeer bereik. Gabril gehoorsaam nie vir God ter wille van sy eie geluk nie.

n Persoon kan miskien sy metodes verander en nog steeds sy eie geluk as doelwit h. Hy sal miskien nie in Jesus of in die ewigheid glo nie, maar tog insien dat om goed te doen tot sy voordeel sal strek in hierdie wreld en hom baie (tydelike) voordele sal besorg.

Nou veronderstel dat hierdie persoon mettertyd wel die werklikheid insien van die ewigheid en godsdiens opneem as n manier om daar geluk te vind. Nou almal weet tog dat daar geen deugsaamheid hierin is nie. Dit is nie sy diens aan die Here wat hom sen nie, maar sy redes waarom hy God dien wat belangrik is.

Die ware bekeerling kies as sy doelwit die heerlikheid van God en die goeie van Sy Koninkryk. Hy kies dit vir sy eie onthalwe, omdat hy dit beskou as n groter voordeel dan sy eie persoonlike geluk. Nie dat hy nie vir sy eie geluk omgee nie, maar hy verkies God se heerlikheid, want dit is n groter goedheid. Hy beskou die geluk van elke individu volgens die werklike belangrikheid daarvan (vir sover hy in staat is om dit te kan takseer) en hy kies die grootste goedheid as sy hoogste doelwit.

IV. NOU WIL EK SOMMIGE GEBIEDE AANTOON WAAR OPREGTE HEILIGES EN MISLEIDE PERSONE DIESELFDE KAN WEES EN SOMMIGE GEBIEDE WAAR HULLE VERSKILLEND IS

1. Hulle kan ooreenkom deurdat albei n streng morele lewe lei. Die verskil l in hul beweegredes. Die opregte heilige lei n morele lewe omdat hy lief is vir heiligheid die misleide persoon vanwe selfsugtige oorwegings. Laasgenoemde gebruik sedelikheid as n middel tot n doel, om sy eie geluk te bewerkstellig.

2. Hulle mag in gelyke mate biddend wees, vir sover dit die uiterlike vorm aangaan. Die verskil l in die beweegredes. Die opregte heilige hou daarvan om te bid die persoon wat mislei is bid omdat hy hoop om een of ander voordeel vir homself te verkry deur te bid. Die opregte heilige verwag n voordeel deur te bid, maar dit is nie sy vernaamste beweegrede nie. Die valse bekeerling bid om geen ander beweegrede nie.

3. Hulle mag in gelyke mate ywerig in hul godsdiens wees. Een kan baie ywerig wees omdat sy ywer na gelang van begrip is en hy opreg begeer om die Here te dien vir S onthalwe. Die valse bekeerling sal miskien ewe ywerig wees, maar ter wille daarvan om sy eie redding meer versekerd te h en omdat hy bang is om hel toe te gaan as hy nie vir die Here werksaam is nie. Hy kan miskien ook vir God dien om sy gewete te bedaar en nie omdat hy die Here werklik lief het nie.

4. Hulle kan albei vir God se wet lief wees die opregte heilige omdat dit so voortreflik, heilig, regverdig en goed is; die ander omdat hy dink dit sal hom gelukkig maak as hy daarvoor lief is.

5. Albei kan saamstem oor die straf wat die wet inhou. Die opregte heilige gee in sy geval daaraan toe, omdat hy voel dit is in sigself regverdig dat God hom hel toe stuur. Die misleide persoon het agting daarvoor omdat hy weet dat dit reg is, maar hy dink dit hou vir hom geen gevaar in nie.

6. Hulle kan in baie dinge in gelyke mate selfverlonend wees. Selfverloning is nie beperk tot opregte heiliges nie. Kyk na die opofferings van die Moslems, hulle pelgrimstogte na Mekka. Kyk na die dissipline en selfverloning van diegene wat verlore is in die kultusse en oosterse godsdienste. Die opregte heilige verlon homself ter wille daarvan om aan ander meer goed te kan doen. Sy opofferings is nie rondom sy eie bevrediging of  sy eie belange gesentreer nie. Die misleide persoon sal miskien ewe ver gaan, maar bloot uit selfsugtige beweegredes.

7. Hulle kan beide gewillig wees om martelaarskap te ly. Lees oor die lewens van die martelare en jy sal in geen twyfel gelaat word nie dat sommige bereid was om te ly vanwe n verkeerde idee van die beloning verbonde aan martelaarskap. Baie sou hulle haas na hul eie vernietiging omdat hulle oortuig was dat dit vir seker die weg na die ewige lewe was.

8. Beide kan wat reg is in gelyke mate in aanmerking neem die opregte bekeerling omdat hy lief is vir wat reg is en die valse bekeerling omdat hy weet dat hy nie gered kan word sonder om te doen wat reg is nie. Hy kan eerlik wees in sy gewone saketransaksies, maar as hy nie n meer verhewe beweegrede het nie, sal hy geen beloning van God ontvang nie.

9. Hulle begeertes kan in baie opsigte ooreenstem.

Hulle kan dit eens wees in hul begeertes om van nut te wees die opregte bekeerling sal nuttigheid begeer om bruikbaar te kan wees, die misleide persoon omdat hy meen dat dit die manier is om die guns van God te bekom.

Hulle kan albei die bekering van siele begeer die opregte heilige omdat dit tot verheerliking van God sal strek, die misleide persoon om die guns van God te bekom. Hy sal hierdeur gemotiveer word net soos in die geval van die gee van geld. Almal weet dat n persoon sy geld vir die Bybelgenootskap of die Sendinggenootskap kan gee bloot uit selfsugtige motiewe om geluk te bekom, om deur mense geloof te word, of die guns van God te bekom. Op soortgelyke wyse kan hy die bekering van siele begeer en moeite doen om dit aan te moedig bloot uit selfsugtige beweegredes.

Hulle kan beide begeer om God te verheerlik die ware heilige omdat hy daarvan hou om God verheerlik te sien en die misleide persoon omdat hy weet dat dit die manier is om gered te word. Die opregte bekeerling se hart is op die verheerliking van God ingestel ter wille van die Here. Die ander een begeer dit as n voordeel vir homself.

Hulle kan albei begeer om hulle te bekeer. Die opregte bekeerling haat sonde omdat dit God pyn en oneer aandoen en derhalwe begeer hy om hom daarvan te bekeer. Die valse bekeerling begeer om hom te bekeer omdat hy weet dat hy veroordeel sal word tensy hy dit doen.

Hulle kan albei aan God gehoorsaam wil wees. Die opregte heilige is gehoorsaam sodat hy in heiligheid kan toeneem. Die valse bekeerling gehoorsaam omdat hy die beloning vir gehoorsaamheid wil h.

10. Hulle kan ook ooreenstem oor die dinge waarvoor hulle lief is.

Beide van hulle kan lief wees vir die Bybel die opregte heilige omdat dit die waarheid van God is. Hy skep behae daarin en dis vir sy siel n verlustiging. Die misleide persoon is lief vir die Bybel omdat hy dink dit tel in sy guns; en hy beskou dit as die manier om sy eie verwagtinge te verwesenlik.

Albei van hulle kan vir God lief wees die een omdat hy God se eienskappe as pragtig en lieflik op sigself sien en hy Hom ter wille van Homself liefhet. Die ander een omdat hy dink God is sy spesiale vriend wat hom vir ewig gelukkig gaan maak; en hy verbind die idee van God met sy eie selfsugtige belange.

Albei van hulle kan vir Christus lief wees. Die opregte bekeerling het Sy eienskappe lief. Die misleide persoon dink Hy sal hom van die hel red en hom die ewige lewe gee ... dus, waarom sal hy nie vir Hom lief wees nie?

Hulle is albei lief vir Christene die opregte bekeerling omdat hy in hulle die beeld van Christus kan sien; en hy hulle geestelike gesprekke geniet. Die misleide persoon is lief vir Christene omdat hulle aan sy eie kerkverband behoort, of omdat hulle aan sy kant is. Hy hou ook daarvan om te praat oor die belang wat hy in Christelikheid het en die hoop wat hy koester om hemel toe te gaan.

Hulle kan albei lief wees om godsdienstige byeenkomste by te woon die opregte heilige omdat hy hom in sy hart verheug in handelinge van aanbidding, in gebede, lofprysing en om te luister na die Woord van God die valse bekeerling omdat hy meen dat n godsdienstige byeenkoms n goeie plek is om sy hoop te ondersteun.

Hulle kan albei genoe vind in afgesonderde gebede  die opregte heilige omdat hy tot God nader en hy daarin behae skep om met Hom gemeenskap te hou. Die misleide persoon vind n soort eiegeregtige bevrediging daarin omdat dit sy plig is om in die binnekamer te bid.

Albei van hulle kan baie hou van die genadeleer die opregte heilige omdat dit so roemryk  van God is, die ander omdat hy dink dit is n waarborg van sy eie redding.

11. Hulle kan ook ooreenstem deur n afkeer in dieselfde dinge te h.

Miskien kan hulle albei n afkeer in seksuele onsedelikheid h en dit kragtig bestry. Die opregte heilige het n afkeer daarin omdat dit op sigself verfoeilik is en in teenstelling met God is en die ander omdat dit teenstrydig met sy beskouinge en sienswyses is.

Miskien haat hulle beide sonde die opreg bekeerde omdat dit vir God afstootlik is; en die misleide persoon omdat dit hom persoonlik seer maak. Dit is gewoon dat mense hul eie sondes haat en sonde desnieteenstaande nie versaak nie.

Hulle kan albei teen sondaars gekant wees. Die weerstand van opregte heiliges is n liefdevolle teenstand. Hulle sien dat die aard en optrede van sondaars daarop voorbedag is om die Koninkryk van God te runeer. Valse bekeerlinge is gekant teen sondaars omdat hulle teen hul godsdiens is en omdat hulle nie aan hul kant is nie.

In al hierdie gevalle is die beweegredes van een klas regstreeks in teenstelling met die ander. Die onderskeid l in hulle keuses van doelstellings. Die een kies sy eie belange, die ander kies God se belange as sy einddoel.

V. EK SAL NOU SOMMIGE ALGEMENE VRAE BEANTWOORD

1. As hierdie twee soort mense eenders is in so baie opsigte, hoe sal ons weet wat ons eie werklike aard is, of weet aan watter klas ons behoort? Ons weet dat die hart bedrieglik is bo alle dinge, ja, dit is verdorwe  (Jer. 17:9), hoe moet ons dan weet of ons vir God en heiligheid lief is ter wille van God en heiligheid self, en of ons die guns van God soek en na die hemel streef bloot ter wille van ons eie voordeel?

As ons waarlik welwillend is, sal dit uit ons daaglikse handelinge blyk. As ons in ons omgang met mense selfsugtig is, sal ons ook in ons omgang met God selfsugtig wees. ... wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefh wat hy nie gesien het nie? (1 Joh. 4:20). Om n Christen te wees is nie net om God lief te h nie, maar ook om vir mense lief te wees. En as ons daaglikse handelinge aantoon dat ons selfsugtig is, is ons onbekeerd of anders sal n mens n Christen kon wees sonder om sy medemens soos homself lief te h.

As jy onselfsugtig is, sal jou geestelike verantwoordelikhede nie vir jou n onaangename takie wees nie. Sommige mense doen wat God s met dieselfde gesindheid wat n siek mens sy medisyne neem omdat hy die goeie uitwerking daarvan begeer en hy weet dat hy dit moet h of omkom. Dit is iets wat hy nooit sal doen ter wille van sy eie onthalwe nie.

As jy selfsugtig is, sal jou vreugde hoofsaaklik afhang van hoe sterk jou hoop ten opsigte van die hemel is. Wanneer jy baie seker voel dat jy hemel toe gaan, sal jy jou in n groot mate daarin verheug om n Christen te wees. Jou vreugde hang af van jou hoop en nie van jou liefde vir die dinge waarop jou hoop gevestig is nie. Ek s nie dat ware heiliges nie in hul hoop vreugde vind nie, maar dit is nie vir hulle die heel belangrikste ding nie. Hulle dink baie min oor hul eie hoop want hulle gedagtes word deur ander dinge van groter waarde in beslag geneem.  

As jy selfsugtig is, sal jou genietinge hoofsaaklik van verwagting afkomstig wees. Die ware heilige geniet reeds die vrede wat van God afkomstig is en die hemel het reeds in sy siel n aanvang geneem. Hy hoef nie te wag totdat hy doodgaan voor hy die vreugdes van die ewige lewe smaak nie. Sy genieting is in verhouding tot sy heiligheid en nie in verhouding tot sy hoop nie.

Die misleide persoon het slegs n voorneme om gehoorsaam te wees, terwyl die heilige verkies om gehoorsaam te wees. Dit is n belangrike onderskeiding; en ek is bevrees een wat min mense maak. Die ware heilige gee voorkeur daaraan en verkies gehoorsaamheid derhalwe vind hy dit maklik om te gehoorsaam. Die valse bekeerling is vasbeslote om heilig te wees, want hy weet dit is die enigste manier om gelukkig te wees. Die ware heilige verkies heiligheid vir heiligheid se onthalwe en hy is heilig.

Die ware bekeerling en die misleide persoon verskil ook wat hul geloof betref. Die ware heilige het n vertroue in die aard van God wat vir hom tot n heelhartige onderdanigheid aan Hom lei. Ware vertroue in die Here se besondere beloftes berus op n vertroue in God se aard. Daar is net twee beginsels waarop gehoorsaamheid getoon word aan enige regering, menslik of geestelik  vrees en vertroue. Alle gehoorsaamheid spruit voort uit een van hierdie twee beginsels. In die een geval gehoorsaam individue omdat op beloning gehoop word en uit vrees vir straf. In die ander geval kom onderdanigheid deur n vertroue in die aard van die regering, wat deur liefde bestuur word. Een kind gehoorsaam sy ouers omdat hy hulle liefhet en vertrou. Die ander het n uiterlike gehoorsaamheid gemotiveer deur verwagtinge en vrese. Die ware bekeerling het n geloof, of vertroue in God, wat hom daartoe lei om God uit liefde te gehoorsaam. Dit is die gehoorsaamheid van geloof.

Die misleide persoon het slegs n gedeeltelike geloof en slegs n gedeeltelike onderdanigheid. Ook die duiwel het n gedeeltelike geloof. Hy glo en sidder [Jak. 2:19]. n Persoon sal miskien glo dat Christus gekom het om sondaars te red en op grond daarvan hom onderwerp aan Hom om gered te word. Maar hy onderwerp hom nie geheel en al aan Sy soewereine gesag nie, of gee Hom nie beheer oor sy lewe nie. Sy onderwerping is slegs op voorwaarde dat hy gered sal word.

Dit is nooit met daardie onvoorwaardelike vertroue in God se hele aard wat hom lei om te s, laat U wil geskied nie. Sy godsdiens is di van die wet. Die ander het Evangeliese geloof. Een is selfsugtig, die ander welwillend. Hierin l die werklike verskil tussen die twee klasse. Die godsdiens van die een is uiterlik en skynheilig. Die ander is di van die hart heilig en welgevallig vir God.

As jy selfsugtig is sal jy jou in die bekering van sondaars verbly slegs as j deel het daaraan. Jy sal baie min bevrediging h wanneer dit deur ander is wat mense gered word. Die selfsugtige persoon is verheug wanneer hy aktief en suksesvol is in sondaars se bekering, omdat hy meen hy sal n groot beloning kry. Maar hy sal afgunstig wees wanneer dit ander is wat iemand na Christus toe lei. Die ware heilige skep opreg behae daarin om ander bruikbaar te sien en is net so verheug wanneer sondaars  deur bemiddeling van ander tot bekering kom asof hy self daaraan deel gehad het.

2. Behoort ek dan geen ag te slaan op my eie geluk nie?

Dit is in orde om begaan te wees oor jou eie geluk ooreenkomstig die betreklike waarde daarvan. Meet dit aan die eer van God en die goeie in die heelal en besluit dan op n waarde wat regmatig daaraan toebehoort. Dit is presies wat God doen. En dit is wat Hy bedoel as Hy gebied dat jy jou naaste moet liefh soos jouself. Interessant genoeg, hoe minder jy begaan is oor jou eie geluk, hoe gelukkiger sal jy wees. Ware geluk bestaan hoofsaaklik uit die vervulling van onselfsugtige begeertes. As jy daarna streef om goed te doen ter wille van goed doen sigself, dan sal jy dienooreenkomstig geluk ervaar. Maar as jy goed doen enkel om jou eie geluk te verkry, sal jy misluk. Jy sal soos n kind wees wat sy eie skaduwee agternasit; hy kan dit nooit inhaal nie, want dit is hom altyd net so ver vooruit.

3. Het Christus dan nie ag geslaan op die vreugde wat Hom voorgehou is nie?

Dit is waar dat Christus die kruis verdra en die skande verag het en ag geslaan het op die vreugde wat Hom voorgehou is [Heb.12:2]. Maar wat was die vreugde wat Hom voorgehou is? Nie Sy eie redding nie, nie Sy eie geluk nie, maar die grootheid van die goeie wat Hy sou doen met die redding van die wreld. Die geluk van ander was waarna hy gestreef het. Dt was die vreugde wat Hom voorgehou is ... en dt is wat Hy verwerf het.

4. Het Moses nie maar ook na die beloning gekyk nie?

Ja, Moses het na die beloning gekyk. Maar was daardie beloning tot sy eie voordeel? Ver daarvan. Die beloning was die redding van die volk van Israel. Op n stadium het God voorgestel dat Hy Israel vernietig en Moses tot n groot nasie maak [Exo. 32:10]. As Moses selfsugtig was, sou hy ges het, Ja Here. Laat dit aan U dienaar gedoen word volgens U woord. Maar wat s hy? Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het! (Exo. 32:32). Dis glad nie die reaksie van n selfsugtige mens nie.

5. S die Bybel dan nie dat ons God liefhet omdat Hy ons eerste liefgehad het nie?

Waar daar staan, Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het (1 Joh. 4:19), word twee verskillende dinge deur die taal gempliseer:

  1. Sy liefde vir ons het dit vir ons moontlik gemaak om Hom terug lief te h; of

  2. Ons het Hom lief vir die goedheid en guns wat Hy aan ons bewys het.

Die tweede betekenis is klaarblyklik nie juis nie want Jesus het baie duidelik die beginsel in Sy Bergrede neergel, As julle net di liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net di lief wat vir hulle liefhet. (Luk. 6:32 1983 Vert.)

As ons vir God lief is, nie vanwe Sy aard nie, maar vanwe sy gunsbewyse aan ons, dan verskil ons geensins van die onbekeerdes nie.

6. Bied die Bybel nie geluk aan as die beloning vir deugsaamheid nie?

Die Bybel spreek van geluk as die gevolg van deugsaamheid, maar nrens word jou eie geluk voorgehou as die rede waarom jy moet doen wat reg is nie.

7. Waarom doen die Bybel gedurig n beroep op die verwagtinge en vrese van die mensdom, as n besorgdheid vir ons eie geluk nie die regte beweegrede vir ons dade is nie?

Die mens vrees van nature leed en dit is nie verkeerd om dit te vermy nie. Ons mag n besorgdheid vir ons eie geluk h, maar dan slegs volgens die waarde daarvan.

Ook is die mensdom so bedwelm deur die sonde dat God nie hulle aandag kan kry om oorweging te gee aan Sy ware aard en die redes om vir Hom lief te wees nie, tensy Hy n beroep op hul verwagtinge en vrese doen. Maar as hulle eers wakker is, bied Hy hulle die Evangelie aan. As n prediker die verskrikkinge van die Here gepreek het totdat hy sy hoorders ongerus en wakker gemaak het, dan moet hy die aard van God voor hulle oopsprei, om hulle harte daartoe te trek om Hom lief te h ter wille van Sy eie uitnemendheid.

8. Bied die Evangelie nie vergifnis aan as n beweegrede vir onderwerping nie?

As bedoel word dat die sondaar tot bekering kom op voorwaarde dat hy vergewe sal word, dan s ek dat daar nie so iets in die Bybel staan nie. Dit gee geen sondaar die reg om te s, Ek sal my bekeer as U sal vergewe nie; en nrens bied dit vergifnis aan as n beweegrede vir bekering nie.

VI. N PAAR OPMERKINGS TER AFSLUITING

1. Party mens is gretiger om sondaars te bekeer as wat hulle is om te sien dat die Kerk geheilig en God verheerlik word deur die goeie werke van Sy kinders.

Baie wil sien dat mense gered word, nie omdat sondaars se lewens en dade God grief en onteer nie, maar omdat hulle jammer voel vir daardie mense en nie wil sien dat hulle hel toe gaan nie. Ware heiliges is ontsteld oor sonde omdat dit so onterend vir God is. Maar hulle is die meeste verontrus wanneer hulle Christene sien sonde doen, want dit onteer God selfs nog meer. Sommige mense gee blykbaar baie min om vir die toestand van die Kerk, as hulle maar net die werk van bekering sien vooruit gaan. Vir hulle is suksesvolle evangelisasie pogings gelykstaande aan n suksesvolle kerk, maar hulle verlang nie werklik dat God geer word nie. Dit dui daarop dat hulle nie beweeg word deur n opregte liefde vir God en heiligheid nie, maar deur hul eie menslike gevoelens en emosies vir sondaars.

2. Uit alles wat ek so pas ges het is dit maklik om in te sien waarom so baie belydende Christene so n verskeidenheid van sienings handhaaf oor wat die Evangelie werklik is.

Party beskou die Evangelie as n blote gerief vir die mensdom, waar God nie so streng is as wat Hy onder die wet was nie. Hulle dink dat hulle so wreldsgesind kan wees as wat hulle wil; en dat die Evangelie sal inkom en opmaak vir wat hulle kortkom en hulle red. Ander beskou die Evangelie as n geestelike bepaling van God, wat as sy vernaamste oogmerk die vernietiging van sonde en die bevordering van heiligheid het. Derhalwe, in plaas van dit vir hulle aanvaarbaar te maak om minder heilig te wees as wat hulle onder die wet behoort te wees, bestaan die hele waarde daarvan uit die krag daarvan om hulle heilig te maak.

Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie - as julle ten minste nie verwerplik is nie! (2Kor. 13:5). 


 

Kareltjie Coulson

Die Christen Tromslaner Seun

Deur Dr. M. L. Rosvally

 

Die volgende storie is n ware verhaal wat geneem is uit n ou boek, nie meer in druk nie, met die titel Touching Incidents And Remarkable Answers To Prayer. Dit is deur S. B. Shaw geskryf en in 1894 gepubliseer. Gaan sit met n koppie lekker warm drinkgoed, versamel die gesin om jou, en lees hierdie een hardop aan almal. Ons is oortuig dit sal julle net so diep aanroer as wat ons dit ervaar het. Ons dien n werklik getroue God!

Ek was n geneesheer in militre diens van die Verenigde State van Amerika tydens die Burgeroorlog. N die veldslag van Gettysburg was daar honderde gewonde soldate in my hospitaal. Baie was s ernstig gewond dat n been of n arm en soms albei, afgesit moes word.

Een van hulle was n knaap wat nog slegs drie maande in die militre diens was. Omdat hy te jonk was om as soldaat te dien, het hy as tromslaner aangesluit. Toe my assistente by hom gekom het om chloroform toe te dien voor die amputasie, het hy sy kop na hulle gedraai en dit geweier. Toe hulle aan hom verduidelik dat dit die dokter se opdrag was, het hy ges, stuur die dokter na my toe. Toe ek by sy bed kom het ek ges, Jong man, waarom weier jy die chloroform? Toe ek jou op die slagveld gevind het was jy al s ver heen dat ek dit byna nie die moeite werd geag het om jou op te tel nie. Maar toe jy daardie groot blou o oopmaak, het dit by my opgekom dat jy rens n moeder gehad het wat miskien op daardie oomblik aan jou gedink het. Ek wou nie h dat jy daar in die veld moes sterf nie, daarom het ek jou hiernatoe laat bring. Maar jy het nou soveel bloed verloor dat jy net t swak is om sonder chloroform n operasie te oorleef. Dit sal beter wees as jy my toelaat om dit aan jou te gee.

Hy het sy hand op myne gesit, my strak aangekyk en ges, Dokter, een Sondagmiddag, toe ek nege en n half jaar oud was, het ek my hart aan Christus gegee. Ek het toe geleer om Hom te vertrou en ek het sedertdien nog altyd my vertroue in Hom gestel. Ek weet ek kan Hom nou vertrou. Hy is my sterkte. Hy sal my onderskraag terwyl jy my arm en been amputeer. Ek het hom gevra of ek ten minste vir hom n bietjie brandewyn kan gee. Weer het hy my aangekyk en ges, Dokter, toe ek omtrent vyf jaar oud was, het my moeder aan my sy gekniel, haar arms om my gesit en ges: Kareltjie, ek bid tot Jesus dat jy nooit een enkele drankie alkohol sal drink nie. Jou vader het as dronkaard gesterf en ek het vir God gevra om jou te gebruik om mense te waarsku teen die gevare van n drinkery en om hulle aan te moedig om die Here lief te h en te dien. Ek is nou 17 jaar oud en ek het nog nooit enige iets sterker as tee of koffie gedrink nie. Daar is n baie goeie kans dat ek op die punt staan om te sterf en dan sal ek in my God se teenwoordigheid kom. Wil jy my soontoe stuur met asem wat na brandewyn ruik?

Ek sal die aanblik wat daardie seun my gegee het nooit vergeet nie. In daardie stadium het ek Jesus gehaat, maar ek het respek gehad vir hierdie seun se lojaliteit aan sy Redder. En toe ek sy liefde vir en vertroue in Hom tot op die laaste toe sien, het dit my diep in my hart geroer. Ek het vir daardie seun iets gedoen wat ek nooit tevore vir enige ander soldaat gedoen het nie ek het hom gevra of hy sy kapelaan wou sien.

Kapelaan R. het die seun goed geken omdat hy hom dikwels by die tent-bidure gesien het. Hy het die seun se hand geneem en ges, Kareltjie, ek is werklik jammer om jou so te sien. O, dis in die haak met my meneer, het Kareltjie geantwoord. Die dokter het my chloroform aangebied, maar ek het hom ges ek wil dit nie h nie. Toe wou hy my brandewyn gee, maar ook dit wou ek nie h nie. As my Verlosser my dus nou na Hom toe roep, sal ek by my volle positiewe wees.

Miskien sal jy nie sterf nie, Kareltjie, het die kapelaan ges, maar sou dit die Here wel behaag om jou huis toe te neem, is daar enigiets wat ek vir jou kan doen n jy heengegaan het? Kapelaan, steek asseblief jou hand onder my kussing in en haal my Bybeltjie daar uit. My moeder se adres is voor in. Stuur dit asseblief aan haar en skryf namens my n brief. Vertel aan haar dat sedert ek die huis verlaat het, ek nie n enkele dag laat verbygaan het nie maak nie saak of ons op mars was, op die slagveld, of in die hospitaal nie sonder om n gedeelte uit God se Woord te lees en daagliks te bid dat Hy haar sal sen nie.

Is daar nog iets wat ek vir jou kan doen, my seun? het die kapelaan gevra. Ja skryf asseblief n brief aan die Sondagskoolonderwyser van die Sands Street Kerk in Brooklyn, New York. S vir hom dat ek nog altyd sy aanmoediging, goeie raad en baie gebede vir my onthou. Hulle was vir my tot hulp en troos dwarsdeur al die gevare van gevegte. En nou, in my sterwensuur, dank ek die Here vir my liewe ou onderwyser; en vra ek dat Hy hom sal sen en versterk. Dit is al.

Toe wend hy hom tot my en s, Ek is gereed, dokter. Ek belowe dat terwyl jy my arm en been afsit sal ek nie eens kreun nie, mits jy my nie chloroform sal toedien nie. Ek het so belowe, maar ek het nie die moed gehad om die operasiemes op te neem voordat ek nie eers in die kamer langsaan gegaan het om self n slukkie brandewyn te neem nie.

Terwyl ek deur die vleis sny, het Kareltjie nooit gekreun nie. Maar toe ek die saag neem om die been te skei, het die knaap die hoek van die kussing in sy mond gesteek en al wat ek hom kon hoor fluister was, O Jesus, gesende Jesus! Ondersteun my nou. Hy het sy belofte gestand gedoen. Hy het nooit gekreun nie.

Ek kon daardie nag nie slaap nie. Hoe ek ook al rondgerol het, het ek daardie sagte blou o voor my gesien en as ek my o toegemaak het, het die woorde Gesende Jesus, ondersteun my nou, gedurig in my ore geklink. n Kort rukkie na middernag het ek eindelik opgestaan uit die bed en die hospitaal besoek iets wat ek nooit tevore gedoen het nie tensy daar n noodsituasie was. Ek het so n eienaardige en sterk begeerte gehad om daardie seun te sien. Toe ek daar kom, het n ordonnans my meegedeel dat 16 van die erg beseerde soldate gesterf het. Was Kareltjie Coulson een van hulle? wou ek weet. Nee meneer, het hy geantwoord, hy slaap soos n onskuldige kindjie.

Toe ek by sy bed kom, het een van die verpleegsters ges dat omtrent nege-uur het twee lede van die C.J.M.V deur die hospitaal beweeg om te lees en n himne te sing. Kapelaan R. het hulle vergesel. Hy het by Kareltjie se bed gekniel en n innige, sielroerende gebed opgestuur. En toe, nog knielende, het hulle die lieflikste van alle himnes gesing, Jesus, Lover Of My Soul. Kareltjie het ook saam gesing.

Dit was vir my onverstaanbaar hoe daardie seun, wat in soveel aaklige pyn verkeer het, nog kon sing. Vyf dae nadat ek die operasie uitgevoer het, het Kareltjie my laat roep en by hom het ek my eerste Evangeliese preek gehoor. Dokter, het hy ges, my tyd het aangebreek. Ek verwag nie om die son weer te sien opkom nie. Ek wil u met my hele hart bedank vir al die vriendelikheid wat u aan my betoon het. Ek weet dat u van Joodse afkoms is, en dat u nie in Jesus glo nie, maar ek wil h u moet by my bly en my sien heengaan terwyl ek tot die laaste oomblik van my lewe op my Redder bly vertrou. Ek het probeer bly, maar kon dit net nie regkry nie. Ek het net nie die moed gehad om by te staan en te sien hoedat n Christen seun met blydskap sterf in die liefde van daardie Jesus wat ek gehaat het nie. Ek het dus haastig die kamer verlaat.

Ongeveer 20 minute later het n ordonnans my kom vind waar ek in my kantoor met my gesig in my hande bedek gesit het. Hy het my meegedeel dat Kareltjie my wou sien. Ek het hom so pas gesien, het ek geantwoord, en ek kan hom nie weer sien nie. Maar Dokter, hy s hy moet jou nog een keer sien voordat hy sterf.

Ek het toe maar besluit om vir Kareltjie te gaan sien en n paar liefdevolle woorde te spreek, voordat hy sou sterwe. Ek was nietemin vasbeslote dat niks wat hy wou s my in die minste sou benvloed so ver dit sy Jesus aangegaan het nie.

Toe ek by die hospitaal ingaan, het ek opgemerk dat hy vinnig aan die verswak was, daarom het ek by sy bed gaan sit. Hy het gevra dat ek sy hand moes vashou, toe s hy, Dokter, ek het u lief omdat u n Jood is. Die beste vriend wat ek in hierdie wreld gevind het, was n Jood. Ek vra hom toe wie dit was en sy antwoord was, Jesus Christus, en ek wil u aan Hom voorstel voordat ek heengaan. Dokter, sal u my belowe dat u nooit sal vergeet wat ek nou aan u gaan s nie? Ek het belowe, toe s hy, Vyf dae gelede, terwyl u my arm en been geamputeer het, het ek vir die Here Jesus gebid en gevra dat Hy Sy liefde aan u bekend sal maak.

Hierdie woorde het diep in my hart gesny. Ek kon nie verstaan hoe dat, terwyl ek besig was om hom die mees intense pyn te veroorsaak, hy heeltemal van homself kon vergeet en aan niks anders kon dink as sy Verlosser en my onbekeerde siel nie. Al wat ek vir hom kon s was, Wel, my dierbare seun, dit sal spoedig met jou goed gaan. Met hierdie woorde het ek hom verlaat en 12 minute later het hy ontslaap, veilig aan Jesus hoede.

Gedurende die oorlog het honderde soldate in my hospitaal gesterf, maar ek het slegs een se begrafnis bygewoon, en dit was Kareltjie Coulson. Ek het drie myl ver gery om te sien hoe hy begrawe word. Ek het hom laat klee in n nuwe uniform en hom in n offisiersdoodkis laat plaas, met die vlag van die Verenigde State daaroor.

Daardie seun se sterfbedwoorde het n diepe indruk op my gemaak. Ek was in daardie stadium welgesteld wat geld aanbetref, maar ek sou elke sent wat ek besit het wou gee as ek teenoor Christus kon voel soos wat Kareltjie gevoel het. Maar daardie gevoel was nie met geld te koop nie. Helaas! Ek het spoedig heeltemal van my Christen soldaat se prekie vergeet, maar die seun self kon ek net nie vergeet nie. As ek n terugblik daarop werp, weet ek dat ek in daardie tyd onder n diepe oortuiging van sonde gekom het. Nietemin het ek vir bykans tien jaar lank teen Christus n stryd gevoer met al my opgekropte haat, tot die dierbare seun se gebed uiteindelik verhoor is en ek my lewe aan die liefde van Jesus oorgegee het.

Ongeveer anderhalf jaar  n my bekering, het ek een aand na n biduur in Brooklyn gegaan. Dit was een van daardie byeenkomste waar Christene getuig het van die goedertierenheid van God. Nadat verskeie mense getuig het, het n ouerige dame opgestaan en ges, Liewe vriende, hierdie sal waarskynlik die laaste geleentheid wees wat ek sal h om openlik te getuig van hoe goed die Here vir my was. My geneesheer het gister vir my meegedeel dat my regter long feitlik nie meer bestaan nie en dat my linker long besig is om vinnig te vergaan. Ek sal dus hoogstens net n baie kort tydjie nog by julle wees. Maar dt wat van my oorbly behoort aan Jesus. Dit verskaf aan my groot vreugde om te weet dat ek spoedig met my seun verenig sal wees in die hemel by Jesus.

Kareltjie was nie slegs n soldaat vir sy land nie, maar ook n krygsman vir Christus. Hy was gewond in die veldslag by Gettysburg en was in die versorging van n Joodse dokter wat sy arm en been geamputeer het. Hy het vyf dae n die operasie gesterf. Die kapelaan van die regiment het n brief aan my geskryf en my seun se Bybel vir my gestuur. Ek is meegedeel dat in sy sterwensuur my Kareltjie daardie Joodse dokter na hom toe geroep en aan hom ges het, Dokter, voordat ek heengaan wil ek graag vir u s dat vyf dae gelede, terwyl u my arm en been geamputeer het, het ek u in gebed aan die Here Jesus Christus opgedra.

Terwyl ek hierdie dame hoor praat het, kon ek net nie meer stilsit nie! Ek het my sitplek verlaat, oor die vertrek gehardloop, haar hand gegryp en ges, Mag God u sen my liewe suster. Jou seun se gebed is verhoor! Ek is die Joodse dokter vir wie Kareltjie gebid het en sy Verlosser is nou my Verlosser! Die liefde van Jesus het my siel oorwin!  

 


 

YWER Liefde Aan Die Brand

Deur Leonard Ravenhill

 

Henog het geprofeteer en ges: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle [Judas 14]. As Jesus Sy verskyning in die geskiedenis s gemaak het, of op n donker nag oor Jerusalem in n wa van vuur gekom het (soos Ela na die hemel opgevaar het [2 Kon. 2:11]), dan sou die skreeuende menigtes Hom aanvaar en aanbid het. Maar soos n digter dit eenmaal gestel het:

 

Hulle verwagting was op n koning gerig, om die werk van verlossing te verrig.

Maar toe kom Hy as n kindjie gering, Wat later by n vrou trane sou bring.

 

REINIGING VAN DIE TEMPEL

 

Die plaaslike mense het Jesus goed geken. Hy was die nasie se beste timmerman. Maar nou het hy die perke oorskry: Hy het daardie wilde prediker, Johannes die Doper, se aanwysing as die Lam van God aanvaar. Hy het aan die skare toegegee om Hom op n esel te laat ry met Sy intog in die stad te midde van uitroepe van Hosanna. Boonop het Hy die stad in beroering gebring deur die geldwisselaars en verkopers van diere uit die tempel te jaag. Vir bykans dertig jaar het Hy toegekyk hoe mense die plek ontheilig. Hy was verontwaardig oor hulle onbeskaamdheid en hebsug. Hy was gewalg omdat hulle die voorhowe van die tempel besmeer het met ontlasting van diere en die plek besoedel het met die stank van urine.

 

Elk van die Evangelies verhaal van die geselende Christus. Maar Lukas maak n baie waardevolle verskil met sy opskryf van die gebeurtenisse in Jesus se lewe. Hy s dat nog voor Jesus die tempel ingegaan het, tydens Sy intog in Jerusalem, het Hy oor die groot stad geween. Ons het dus n wenende Christus voordat ons n geselende Christus het. Sedert Hy op twaalfjarige ouderdom in die dinge van Sy Vader was, het Hy in die tempel se voorhowe gewandel en was Hy altyd gegrief en verontwaardig dat dit nie slegs met die mis van diere onteer is nie, maar ook deur woekeraars met bloedbelope o, geldwisselaars wat bedrieg en veekopers. Vir dertig jaar het Hy in genade toegeneem asook in die kennis van Sy Vader nou het Hy geweet wat Sy sending was! En Sy verduideliking vir hierdie een persoons-aanval op die ontheiliging en verontreiniging van die huis van die Here word opgesom in hierdie woorde: Die ywer vir u huis het my verteer [Joh. 2:17].

 

Ywer! Wat n doop met hierdie ywer het die swak en kwynende Kerk van ons dag nie nodig nie. Ywer in hierdie konteks is liefde aan die brand. Ywer sonder rede word dwepery. Jesus was nie n dweper nie. Ja, Sy liefde was blind vir al die moontlike gevare aan Sy sending verbonde. Hierdie liefde ignoreer persoonlike veiligheid, veronagsaam die ongelykhede daaraan verbonde, laat opoffering weg uit sy woordeskat, benodig geen krukke nie, ignoreer alle gevare, verdra nie sonde nie, maar is nie dweepsugtig nie.

 

Syne was geen skielike uitbarsting van gramskap nie; Hy het dit Sy lewe lank bepeins, maar nou het die uur aangebreek en mense het voor die sweep van sy heilige toorn gevlug.

 

GEESTELIKE EKOLOGIE

 

Besoedeling! Besoedeling! is die ekolo se kreet oor ons kos, lug, water en ons motorkarre se uitlaatgasse. Maar waar, O waar is die predikers wat die stem verhef teen die besoedeling binne die kerke? Jesus se hart was gebroke oor n nasie wat die uitverkore profete van die Here as raadgewers gehad het. Maar wie het ag geslaan op daardie profete? Hulle was nie aan konings se tafels onthaal nie; soos hulle Meester was hulle verag en deur mense verwerp. Sommige was mense met snydende tonge, maar hulle was ook mense met betraande o. Ag! maar s my as jy kan, waar is die wenende predikers in ons dag?

 

Die veehandelaars in die tempel was meer genteresseerd daarin om offerandes te verkoop dan om hulle te offer. Net so is daar vandag Christene, selfs op hierdie oomblik, wat vir een of ander politieke aangeleentheid koorsagtig stryd voer en tog is hulle nooit driftig oor die ellendige smerigheid in hul eie kerke nie.

Sal ons te velde trek teen onkuisheid in die Kerk? Indien nie, vertel dan maar vir die slaperige heiliges om weer te rus, te eet, te drink, en vrolik te wees, want mre word ons weggeraap. Maar  Jesus sal nie n Kerk met soveel weglating bestem vir wegraping nie!

 

DIE ERGSTE DING IN DIE WRELD

 

Teenswoordig is daar n aantal verskriklike tragedies in die wreld. Toe wyse mense die Bybel weggevee het, het hulle aan ons ges dat ons na n nuwe vryheid vir die mens sal beweeg. Hierdie wyse mense het bewys dat hulle anderste is. Ander slim mense het koppe bymekaar gesit om n bom te maak wat ons in staat stel om n stad vol lewendes binne enkele sekondes te verkool. Dink dan aan die verwikkelinge in Afganistan en Iran, die daaglikse bloedlating van miljoene in Kampuchea en die massas wat wag om Kuba te verlaat. Hierdie is aaklige dinge om oor te dink, nogtans dink ek daar is een ding wat oneindig erger is. Dit is n siek Kerk in n sterwende wreld.

 

Die Verenigde State was nog nooit so gebroke as tans nie. Gebroke huwelike, wat miljoene gebroke huishoudings agterlaat. Der duisende tienderjariges van wie die verstand gebroke is weens dwelms. Die mense se vertroue en geloof in die regering is gebroke. Die ekonomie is gebroke die eens magtige dollar is gebroke. Alles is gebroke behalwe die harte van die gelowiges.

Ons het gebroke harte nodig om hierdie kolossale gemors die hoof te bied. Dit is nie maar net in orde om op die kansel te ween nie, dit is n bevel! Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween... Huil, dienaars van die altaar! (Jol 2:17, 1:13). Jeremia het oor die sondes van Israel geween. Dawid het geween. Paulus het geween. Johannes het geween. Sal ons o droog bly tydens die mees kritieke hoofstuk in wreldgeskiedenis en in di van ons self?

 

NAGEMAAKTE YWER

 

Die teenswoordige dooierigheid in die Kerk is haas onverskoonbaar. Die Jehovasgetuies het ywer. Die Mormone maak daarop aanspraak dat hulle meer mense van die Evangeliesgesindes verwerf as wat ons van hulle verkry. Die sektes volhard ywerig daarin om op die strate hulself hoorbaar te maak.

Saulus van Tarsus het fanatieke ywer gehad. Hy het mans en vrouens in die tronk gestop, hul families uitmekaar gejaag en hulle van stad tot stad vervolg. God het hom wonderbaarlik gereinig, hom met vuur gedoop en van hom n model yweraar vir Sy Koninkryk gemaak.

 

Dit is nie voldoende om in hierdie dae van sulke ontsettende wreldsgesindheid in die Kerk, te s  dat ons prinsipieel of beginselvas in leerstelling is nie. Ons moet aan die brand wees met Heilige Gees toorn. (Word toornig en moenie sondig nie Efe. 4:26). Ons moet die pyn van God aanvoel oor die  duiwel se heerskappy van hierdie eeu. Ons moet vir die Almagtige verskoning vra dat ons ons eie rigting ingeslaan het en meer toegewyd was aan n kunsmatige teologie as aan die uiters verstandige woorde van ons Meester. Soos Paulus, behoort ons in Sy heilige teenwoordigheid te kan s, Maar een ding doen ek... My hart is gebroke oor die koudheid in die Kerk (en in my eie hart!). Dit is wel waar dat die ywerige man van God net vir een ding leef: om God te behaag. Hy is doof vir die opinies van ander aangaande sy ywer. Hy gee nie om wat dit hom kos om homself vir God uit te brand nie. In siekte of in gesondheid; in armoede of in voorspoed; of hy met agting of veragting bejen word; gevlei of platgeslaan; beskou word as n dwaas of n filosoof; of kwaad of goed van hom gespreek word; gesoen of vervloek, hy bly daarop ingestel om die wil van God te doen!

 

Hierdie man sien die Kerk van vandag as besoedel met vertoonkuns, bingo en verkope van gebak, danspartye, klatergoud en beuselagtighede, mense wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verlon het. (2 Tim. 3:5). Hy sien dat predikante egskeiding by hooggeplaastes goedpraat. Miskien het sy predikant self geskei en weer getrou.

 

Jesus aanskou Sy Kerk vandag as onrein gemaak deur n verwaterde evangelie. Ons gehoorsaam nie meer Sy gebod dat julle mekaar moet liefh nie, of ons het nie meer n behae daarin om op te tree ooreenkomstig Mat. 23:11 nie  Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. As daar in julle vergadering n man inkom met goue ringe aan die vingers, dan eer julle hom (Jak. 2:2). As hy groot rykdom besit maar min geestelikheid, is hy nog welkom as kerkraadslid. Ons dring nie daarop aan dat ons jong predikantjies wag (totdat hulle n kweekskool diploma bekom het? Nee!) totdat hulle beklee word met krag van bo nie!

 

DIE FARISER SE GEBED

 

Die Fariser wat in die tempel gebid het, o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie - rowers, onregverdiges, egbrekers... Daar is baie sogenaamde Geesvervulde mense vandag wat selfs nie eens daardie gebed kan bid nie! Onregverdig is hulle vir seker, hulle betaal lae lone en aan hul werknemers en weet te vertel dat hulle hierdie opoffering vir Jesus doen. Egbrekers daar is beroemde predikers in hierdie aaklige kategorie. Hulle het natuurlik n verduideliking vir hul ontrou, desnieteenstaande word hulle by konferensies aanvaar as hoofsprekers. Afpersing die radiopredikers het dit bykans as n monopolie. n  $25 Bybel (God se Heilige Woord) word aangebied vir n geskenk van $100! Ander boeke  word aangebied vir vyf keer hul prys. Nou oordeel jy! sal iemand s. Presies, ek word aanges om te oordeel (Joh. 7:24). Jesus s, oordeel n regverdige oordeel. Ook is ek, saam met ander ware predikers van die Evangelie, n wagter en moet derhalwe ander waarsku. En ook,  ... die oordeel moet begin by die huis van God (1 Pet. 4:17). Hierdie lokaas om geld te bekom is n gruwel. Predikers kla en kerm vir geld oor die radio en televisie. Vir hierdie bediening s hulle en tog is baie daarvan bedoel vir hul uitspattige lewenstyl, duur vliegtuie en die opknap van luukse Bybel-konferensiegronde. En nou het hulle by die Farisers aangesluit wat die huise van die weduwees opeet. [Mat. 23:14]. Nadat hulle jou sakke leeggeskud het terwyl jy nog lewe, vra hulle vir jou huis en jou boedel n jou dood. Wat nou nog?

 

BEROWING VAN DIE HEERLIKHEID

 

Dit is die tyd van die persoonlikheidskultus. Mense in die evangelie-vertonings op T.V. word aangedien asof hulle soveel opgeoffer het vir die Here. Al wat hulle opgegee het met hul onttrekking van ster-status was hel en ewige straf. Laat dit van die dakke af verkondig word dat geen mens vir God n guns bewys nie. n Swierige leefstyl vir die ryk evangeliste bewys niks, behalwe dat hulle nie alles verlaat het om Hom te volg nie. Die Geesvervulde persoon het nie statussimbole nodig nie.

Die vleiende voorstelling van evangelie predikers is n ander groot stuk versperring vir herlewing. Johannes 5:41 en 44 benodig sieldeurvorsende oorweging. My hart is belas en brandend. God se huis is besoedel. Die sondaars spot en s van die ryk predikers, Their creed is greed and their god is gold [hul geloof is in hebsug en goud is hul god]. Ons het nogmaals n doping met heilige ywer nodig om ons weer by heilige verontwaardiging uit te bring omdat die geldwolwe weereens na die tempel teruggekeer het en omdat God se hart seer is.

 

Die Kerk het begin in die Gees, nou word Sy bedryf in die vlees. Daar is geen vuurkolom oor die heiligdom nie. Predikers is daar nie meer, wat di wat helwaarts keer, enigsins te kan fassineer nie. Ek is nie seker dat dit bewys kan word dat Nero hom met onbenullighede besig gehou het terwyl Rome brand nie. Dit kn bewys word dat die Kerk hom met onbenullighede besig hou terwyl die wreld brand! Die belangrikste rede waarom ons nie in ons tyd herlewing ondervind nie, is omdat ons tevrede is om daarsonder klaar te kom.

 

O, mag daar tog n geslag te voorskyn kom wat in alle eerlikheid kan s, Die ywer vir u huis het my verteer. [Joh. 2:17].

 

 


 

 

WAT KOM EK NOG KORT??

Deur Leonard Ravenhill

 

Watter persentasie verantwoordelikheid vir my geestelike volwassenheid is die Here sn en hoeveel daarvan is myne? Om te beweer dat net ek alleen verantwoordelik is vir die ontwikkeling van my siel, is verwaandheid. Om voor te gee dat al die verantwoordelikheid op die Here rus, is onbeskaamdheid.

 

Ek vind dit verootmoedigend, besielend en n uitdaging om te besef dat die beroemdste heiliges wat nog ooit gelewe het, se Bybels niks meer omvattend as myne was nie, hulle het dit net beter geken. In werklikheid het hulle veel minder van die goddelike Openbaring gehad. Ons het vandag die volledige boodskap van God aan die mens. Hy het niks meer om aan ons te s nie. Soos die ou Engelse himne dit stel, What more can He say than to you He hath said? God het nie n  naskrif om tot die boek van die Openbaring van Jesus Christus by te voeg nie.

 

Vir baie jare was die Heilige Skrif omhul in tale wat slegs die vakkundiges kon lees. die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie. (1 Sam. 3:1) En toe, gesende dag, was die volledige Raadsbesluite van God in ons moedertaal vrygestel. Saam met hierdie onthulling het die goeie nuus van die priesterskap van die gelowiges gekom Halleluja!

 

Verbaas dit u dat Biskop Walsham How oor die Heilige Woord in sang losbreek:

 

Dit is n goue skat,                                              It is a golden casket,

wat prels van die Waarheid bevat.                         where gems of Truth are stored.

n Beskrywing vanuit die Hemelse Oord                  It is the Heaven-drawn picture

van Christus, die Lewende Woord.                        of Christ, the Living Word.

 

Bome hou vir meeste van ons n bekoring in. Dit is vir my mooi om die swaar belaaide vrugtebome te sien wat spog met die vrug op hul arbeid. Die Engelse hou van hul massiewe akkerbome en die Amerikaners van hul rooihoutbome. Waar ek hier op die oomblik sit en skryf, is die perskebome pragtig belaai met vrugte; maar dit groei nie kant en klaar ingemaak nie. Nee! God gee ons die vrugte, ons doen die inmaking. Meubels groei nie aan bome nie, selfs nie in hierdie eeu van wetenskap nie. Ons het die bome, daarvan maak ons die stoele, ens. In die geestelike lewe is dit ook so. Hier is n pragtige waarheid uit die tweede brief van Petrus, Hoofstuk een, vers drie: ... sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien... Paulus ondersteun Petrus op hierdie gebied wanneer hy skryf, ... hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? (Rom. 8:32). Dan, om die kroon te span op hierdie kosbare woorde, kom Paulus weereens na vore met n verstommende stelling: Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus... Moet ons hier ophou lees? NEE, voeg die res by: as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. (Rom. 8:16, 17).

 

Met al hierdie grenslose middele om in hierdie lewe te berwe, o waarom,  ja waarom sal ons vir lief neem met die minimum geestelikheid?

Die Skrif hierbo aangehaal verbrysel alle verskonings vir vleeslike Christelikheid en kelder al ons flou verskonings aangedui op buffer-aanplakker-evangelisasie: Christene is nie volmaak nie, net vergewe. (Een of ander afvallige moes seker daardie een geskryf het.)

 

Om te sondig is nie vir gelowiges geoorloof nie. Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie... (1Joh. 3:9). Nie dat dit onmoontlik is om te sondig nie; maar dit is, deur die bloed van Christus en die inwonende Heilige Gees, moontlik om nie te sondig nie. Johannes juig weereens triomfantelik, ..omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wreld is. (1 Joh. 4:4).

Derhalwe het God dit vir u en vir my moontlik gemaak om oorwinning te behaal oor die wreld, die vlees, en die duiwel!

Hier is die Meester se gebooie aan di wat aan Hom behoort. Hierdie is nie keuses nie, maar bevele. As Hy ons in staat stel en ons daarna strewe, kan ons navors wat n man met die naam van Lowrey na verwys het as die moontlikhede van Genade. Ons kan die speelkampie in die Geestelike Kinderkamer verlaat en  na die volmaaktheid voortgaan (Heb. 6:1).  

 

Die volgende is Sy gebooie:

Christelike volwassenheid is nie n naweek-werksaamheid nie. Daarenteen moet onthou word dat daar geen finaliteit aan die Christen se lewe aan hierdie kant van die ewigheid is nie. Terwyl ons nog in die vlees is, geld dat ons strek (ons) uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die ho roeping van God in Christus Jesus. (Fil. 3:14).

 

Ons hoor gedurig van Weight Watchers  mense wat hulle gewig dophou. As ons tog maar ons geestelike groei net so versigtig wil dophou!

Ek glo in oombliklike reinheid: die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. Ek glo egter nie in oombliklike volwassenheid nie. Geloof in die voltooide werk van Christus is een ding. Om by jou geloof te voeg, soos Petrus in 2 Pet. 1:5-7 aandui, is iets anders. Soos n boom gereeld gesnoei moet word om dit tot volwassenheid te bring, so het ons ook nodig om gesnoei te word. Dit is maklik om te sing, En al my hoogmoed in duie laat stort. As ek dit hoegenaamd doen, sal ek dit geriefshalwe doen om my teen enige bloedlating te beskerm. Maar wanneer die Here dit doen of nog erger, wanneer Hy n ander persoon (wat minder geestelik as ek is) gebruik om die snoeiwerk te doen kan ek dan die roede kus? Hierdie is n geestelike groeiproses. Kan ek dit welgemoed verdra wanneer ek veronagsaam word, of wanneer my naam belaster word (terwyl ek heeltemal onskuldig is)? Kan ek heel vreugdevol help om iemand te laat bevorder tot n posisie wat ek graag sou wou h en wat ek meer bevoeg is om te hanteer?

 

Ek het gehoor hoe een predikant vir n ander een vra of heelwat gemeentelede na die nagmaal gekom het tydens sy jongste kerkdiens. Sy antwoord was, Ja, maar meeste van hulle is nagmaalluiaards. Dit is makliker om nagmaal by te woon as om by die kruis uit te kom. Daar is geen towerkrag daarin om na die nagmaal te gaan nie. U sal nie n enkele sentimeter toeneem in groei deur n paar tre na die nagmaal te loop nie, tensy daar n algehele bekering plaasvind en n heilige gelofte aan God gedoen word dat u nie weer in dieselfde strik sal trap nie.

 

Daardie heilige groep Geloofshelde in die elfde hoofstuk van die Hebrerbrief verstom my altyd. Hulle was sonder n Bybel; sonder die miljoene kassette wat ons vandag het; sonder Bybel-seminare; sonder die daaglikse radio Bybelonderrig; en (gelukkige siele!) sonder die T.V. se Evangeliepredikers wat gedurig kerm oor gebrek aan fondse (sedert wanneer het die Here se voorraad opgeraak?). Watter dinge het hierdie mense van die ou tyd in Hebrers 11 nie alles tot stand gebring nie: koninkryke oorweldig (O, was daar maar iemand met n sterk genoeg geloof om die koninkryk van die dwelmhandel oor die wreld heen te oorweldig); geregtigheid uitgeoefen; beloftes verkry; bekke van leeus toegestop. Watter wonderwerke, watter mense, watter geloof!

 

Hierdie toonbeeld-ouens van ons geloof het nie die verhewenheid met een sprong behaal nie:

 

Die steilte na die Hemel het hulle                 They climbed the steep ascent to Heaven

aanvaar,                                                          Through peril, toil, and pain.

Ten spyte van inspanning, pyn en gevaar.      O God, may grace to us be given,

O God, sal u tog genade aan ons besorg,       To follow in their train.

Dat ons ook in hul voetspore kan volg.

 

Toe aan Hudson Taylor gevra is waarom hy so kragtig deur die Here in Sjina gebruik is, was sy antwoord, God het lank na n man gesoek wat swak genoeg is, en toe vir my gevind. Wat swak is by die wreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam [1Kor. 1:27]. Geestelike wysheid kom nie met die jare nie, ook nie volwassenheid nie. Die sleutel tot beide is gehoorsaamheid. Wat Hy ook al vir JOU s, moet jy doen.

 

n Onversadigbare dors na God sal n onblusbare liefde vir heiligheid teweegbring (soos Hy Heilig is), wat sal lei tot n passie vir verlorenes.

 

Onthou my vriend, jy is nt so geestelik as wat jy wl wees.